Psalms Van My Hart
‘Koningskroon in kelk getooi
my milde groen relief tot rooi
Geboe hand sag omvou
Al een gered in bloed gehou
Ets die drade van my hart
Op purper kleed omvou in swart
Daal U kroon van welbehae
Oor iedereen my hart se snare
As skemer kom en ek wil wankel
Laat ek in vertroue wandel
‘n Wandelstok op ware wee
Want U my Koning,
stap my mee’
VaL Smit ©